EDITORIALS
Voorkoming van onregmatig okkupasie van grond - Maart 2017
Daar is in die pasafgelope tyd baie berig oor die grond wat ingeneem word of dreigemente van grondinnames.
Hierdie toedrag van sake is toe te skryf aan enersyds die behuisings nood in Suid-Afrika en andersyds aan gevaarlike uitsprake van politici wat dit aanmoedig en heel dikwels vir baie weerlose mense meer leed as goed besorg.
Regtens skep hierdie onregmatige okkupasie oor grond baie groot probleme vir privaat grondeienaars.
Ten opsigte van die Voorkoming van betreding of onregmatige okkupasie van grond is daar ongelukkig bepaalde probleme met die interpretasie van die tersaaklike wetgewing.
Die Staat het ‘n plig om kragtens Artikel 25 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 106 van 1994 (hierinna genoem “die Grondwet”), arbitrêre grondontnemings of innames te voorkom.
Die primêre wetgewing wat grondeienaars beskerm, is die Wet op Oortreding, Wet 6 van 1959 (hierinna genoem “die Betredingswet”) wat dit ‘n misdryf maak indien iemand sonder die toestemming van die wettige eienaar van ‘n gebou of grond sodanige gebou of grond betree of daarop gevind word.
Die enigste uitsondering wat op die bogemelde misdryf in die Betredingswet gemaak is, is persone wat kragtens die Wet of Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, Wet 62 van 1997, regte verwerf het. Dit is eenvoudig gestel, persone wat toestemming of ‘n ander regsgeldige reg het om op landbougrond te woon.
Die Betredingswet is gevolglik slegs ten volle van krag op alle of enige persone wat sonder toestemming ‘n gebou of op die grond van ‘n ander persoon gevind word.
Die posisie is ongelukkig nie so eenvoudig nie, omdat die Wet op Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond, Wet 19 van 1998 (hierinna genoem die “PIE-wet”), gevolg gee aan Artikel 26(3) van die Grondwet, wat spesifiek beskerming verleen teen eensydige uitsettings, sonder ‘n hofbevel van persone wat sonder toestemming ‘n gebou of struktuur betrek vor doeleindes daarvan dat so ‘n struktuur dien as ‘n tydelike of permanente woning of beskutting.
Daar is gevolglik na gelang van die chronologie van gebeure, vandat grond aanvanklike betree is, letterlik ‘n oorwe___________________van die werking en toepassing van die Betredingswet en waar iemand vir betreding vervolg kan word na omstandinghede waar ‘n betreder ‘n persoon word, wat beskerming geniet onder die PIE-wet, uit hoofde daarvan dat hy/sy regtens ‘n struktuur of gebou betrek het sodat dit as ‘n tydelike of permanente woning of beskutting beskou kan word.
Dit is hierdie oorgang of tewel ‘n soms misplaaste grysarea, wat uit hoofde van die bewyslas in ‘n strafsaak, wat op die Staat rus, heel dikwels ‘n onwilligheid van die polisie om teen betreders op te tree.
Die onderskeid behoort regtens gemaak te word tussen persone wat sonder toestemming op grond aanwesig is en persone wat sonder toestemming op grond aanwesig is(?), maar reeds ‘n gebou of struktuur vir tydelike bewoning of besetting betrek het. Soos in enige Strafsaak is hierdie ‘n feite___________________wat by wyse van mondelingse en___________________getuies deur die vervolgingsgesag aangespreek kan word.
Die___________________van ‘n persoon se status as ‘n persoon wat ‘n misdryf pleeg en ‘n persoon wat berskerming geniet as ‘n onregmatige okkupeerder is nie gekoppel aan ‘n
RETURN