EDITORIALS

’n Restitusie-eis teen my plaas, hoe nou gemaak?

Die verlenging van die tydperk waarin eise ingevolge die Wet op Herstel van Grondregte. Wet 22 van 1994 (hierna genoem die “Restitusiewet”) ingestel kan word, het die landbou vir ten minste die volgende 10 jaar in ’n tydperk vir baie groot onsekerheid gedompel.

Ongelukkig is dit ‘n gegewe en moet grondeienaars hulself eerder begin opskerp met parate kennis om sodoende voorbereid te wees, wanneer hulle bewus word van die bestaan van ‘n eis. Die doel van hierdie artikel is om kortliks ‘n paar kern vrae, in die gemoed van grondeienaars, wat met kennis van die bestaan van ‘n eis teen hulle grond gekonfronteer word, te beantwoord.


Wat is ‘n Restitusie-eis

’n Restitusie eis is ’n eis teen die staat om herstel of vergoeding te gee aan persone wat na 1913 op grond van ras diskriminerende wetgewing of praktyke onbillik van grond of regte in grond ontneem is. Die eis is teen die staat, maar die staat moet primêr herstel van die grond gee, deur die aankoop van die grond by die bestaande eienaar van die grond wat soos vermeld in die verlede ontneem is. Die staat kan ook ‘n eis skik deur die Eisers met kontant te vergoed of alternatiewe grond beskikbaar te stel.


Wanneer is ‘n eis ‘n eis?

’n Eis word ‘n eis sodra die Kommissie vir die Herstel van Grondregte (hierna genoem die Grondeisekommissaris tevrede is dat die eis aan die meriete vereistes, soos hierbo genoem, voldoen en:

  1. die eis op die wetlik oorgedrywe wyse ingedien is;
  2. die persoon, wat eis, nie ten tye van die beweerde ontneming, wel behoorlike vergoeding ontvang het nie;
  3. die eis nie kwaadwillig en kwelsugtig ingedien is nie.

Wanneer grondeienaars van die bestaan van ‘n eis?

Die eis word, nadat die Grondeisekommissaris tevrede is dat die eis, na gelang van die oorweging van die bogenoemde faktore, nie gediskwalifiseer is nie, die eis in die staatskoerant gepubliseer.

Die staat moet die bestaan van ‘n eis rigbaar maak in die distrik waar die grond, waarop die eis van toepassing is, geleë is. (Georganiseerde landbou en boereverenigings kan hier ’n pro-aktiewe rol vervul deur hierdie inligting aan te vra by die Grondeisekommissaris) Gelyklopend daarmee word grondeienaars, individueel, skriftelik(normaalweg per brief) ingelig van die bestaan van ’n eis.

Daar kanook ad hoc navrae gerig word oor die bestaan van eise. Dit word toenemend nodig, by verkoopstransaksies waar kopers aandring op inligting rondom die bestaan van eise.


Wat is die onmiddellike beperkings wat die publikasie van ‘n eis teen my grond op die gebruik van my grond het?

Dit publikasie van ‘n eis het inperkende gevolge vir die eienaar van die grond in die volgende opsigte:

  1. Niemand mag die afhandeling van die eis op ’n onbehoorlike wyse verhinder nie.
  2. Die eienaar mag nie grond verkoop, verruil, skenk, verhuur, onderverdeel, hersoneer of ontwikkel sonder om een maand skriftelike van sodanige voorneme van die Grondeisekommissaris te gee nie.
  3. Geen eiser wat op die grond woon, mag uitgesit word nie.
  4. Geen verbeterings mag vernietig word nie.
  5. Geen eiser of enige ander persoon mag, sonder die eienaar se toestemming, die grond wat geëis word, betree of daar kom woon nie.

Watter keuses het ek as Grondeienaar wanneer ek kennis kry van die bestaan van ‘n eis?

Sodra ’n Grondeienaar in kennis gestel word van die bestaan van so ’n eis, het hy/ay die keuse om die meriete van die eis te betwis of the erken. Die meriete van ’n eis kan betwis word deur skriftelik die Grondeisekommissaris van die provinsie waarin die grond geleë is van die dispuut in te lig.

Die Restitusiewet maak uitdruklike voorsiening daarvoor dat eienaars ook ‘n skriftelike vertoë kan rig aan die Grondeisekommissaris, met die oog daarop om die publikasie van ’n eis te laat terugtrek of te wysig.

Buiten die bogenoemde skriftelike submissie sal ’n betwiste eis en wat na ‘n skriftelike betoog nie teruggetrek word nie in die Grondeisehof van Suid-Afrika bereg moet word.

Indien die meriete van ’n eis, deur die bestaande eienaar erken word, sal die grond, deur ’n geswore waardeerder gewaardeer word om die markwaarde van die grond te bepaal Die doel daarvan is om die staat, in die afwesigheid van die oorweging van enige ander vergoeding aan die Eisers, in staat te stel om die grond teen ‘’n redelike en billike waarde (gewoonlik markwaarde soos tussen ‘n vrywillige koper en verkoper) aan te koop vir die Eisers. Daar volg gewoonlik prysonderhandelings en dit is in besonder belangrik dat hierdie onderhandelinge nie sonder behoorlike regsverteenwoordiging sal plaasvind nie.


Samevatting

Die reaksie op bogenoemde oorwegings en stappe moet gekomplimenteer word met behoorlike bystand en kundige advies omdat elke eis sy eie meriete het en daar, in besonder met die interaksie met die staat, waaksaamheid aan die dag gelê moet word om benadeling te voorkom.



RETURN