EDITORIALS

Die identifikasie van diere op plase

Die Veeboerdery in Suid-Afrika gaan tans in sekere streke erg gebuk onder verliese, wat deur veediefstal veroorsaak word.

Daarmee saam is daar ook talke gavalle waar plaasbewoners, wat toegelaat is om vee aan te hou, van die reg misbruik maak deur toe te laat dat die vee van vreemde derde partye op ‘n plaa gebring word en onregmatiglik en sonder enige vergoeding van die beskikbare weiding verorber.

Buiten die Wet of Veediefstal, Wet 57 van 1959, het die wetgewer in 2002 die Wet op Identifikasie van Diere, Wet 5 van 2002 (“Identifikasiewet”) gepromulgeer om pro-aktief en voorkomend, ondermeer veediefstal te bestry en geskille rondom eienaarskap van vee te beslag.

Kragtens die Identifikasiewet en die regulasies, daaronder uitgevaardig, moet alle grootvee en kleinvee asook enige ander diere wat by uitkenning deur die Minister van Landbou in die Staatskoerant assulks beshou word, gemerk word op die wyse soos in gemelde wet en regulasies voorgeskryf word.

Die Identifikasiewet is op die hele grondgebied van Suid-Afrika van toepassing. Daarmee saam is elke eienaar van diere verplig om die wet na te kom wat kortliks daarop neerkom dat die eienaar van diere:

  1. ‘n dieremerk vir sy/haar diere registreer by die Registrateur van Diere-Identifikasie of enige persoon met gemelde Rgistrateur se bevoegdheid;
  2. sy/haar diere op die voorgeskrewe wyse en met die geregistreerde merk merk;
  3. die Registrateur in kennis stel van ‘n verandering van sy/haar adres.

Die wetgewing



RETURN