EDITORIALS

Onderhandeling en samesprekings met die staat oor grond - jan 2017

Dit gebeur deulopend dat grondieienaars deur aptenary van staatsdepartemente gekontak word , om ‘n besoek aan ‘n plaas te bring vir ‘n bepaalde doel of om die eienaar te word te staan. Dan is daar ook gevalle, waar onbekende persone hul voordoen as persone wat ‘n amptelike besoek aan ‘n plaas wil bring, maar dan met hulle aankoms op die plaas total ‘n ander mandaat openbaar. Hierdie besoek loop da nook heel dikwels uit op onaanvaarbare gedrag, waar grondeienaars blootgestel word aan onwettige optrede en intimidasie.

Daar bestaan wel onderhandelde protokol ooreenkomste tussen sekere georganiseerde landbou organisasies en sekere van die staatsdepartmente, van besoeke van tyd tot tyd op plase te wagte kan wees om hulle wetlike verpligtinge na te kom. Hierdie ooreenkomste het egter ‘n geruime terug tot stand gekom en met die voortdurende verandering van personeel en persone, wat aan die stuur van sake in die regering staan, is dit te betwyfel of hierdie ooreenkomste na behore eerbiedig word of ten minste voordurend onder die aandag van amptenary gebring word.

Ten einde hierdie probleem aan te spreek is dit eerstens belangrik om te onthou dat die staat ongeag of dit op nasionale, provinsiale of plaaslike vlak funsioneer of met die publiek interaksie het, dit normaalweg sal doen deur die uitvoerende, en nie die wetgewende of regsprekende arm van die staat nie. Die uitvoerende arm van die staat (die nasionale en provinsiale departemente op nasionale en provinsiale vlak en die adminstrasies van munisipaliteite) is verantwoordelik om die staat se funksies uit te voer . Dit sluit gevolglik politici en lede van politieke partye en politieke organisasies in die meeste gevalle uit. In sekere opsigte bestaan daar eksplisiete wetbepalings, wat politici verbied om in te meng by uitvoering van die staat se dag tot dag mandaat.

Aan die hoof van elkeen van elke department of munisipalitiete se adminstrasie sal daar normaalweg ‘n utvoerende hoof staan, wat normaalweg as ‘n direkteur-generaal, direkteur of bestuurder bekend staan. Hierdie persone, in beheer van departmente, en al hulle ondergeskiktes is veronderstel om hulle mandate binne die raamwerk van spesifieke wetgewing, wat uit te voer. Dit is wetgewing, wat normaalweg uitdruklik in die wetbepalings die uitvoer van die wetgewing aan ‘n spesifieke department toe sê. Hierdie bevoegdhede en by watter vlak van regering die uitvoering berus word ook in skedule 4 en 5 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996, (“Grondwet”) vervat.

In die onderskeie departemente se uitvoering van hul uitvoerende gesag, is elke amptenaar veronderstel om ten alle tye onpartydig op te tree. Bykomend tot onpartydigheid is amptenary se optrede teenoor alle lede van die publiek, ten alle tye onderhewig aan die Grondwet. Grondliggend tot hierdie verpligting en bykomend die Fundamentele regte in die Grondwet, is die Grondwetlike waarde van “menswaardigheid” , waarop alle lede van die publiek geregtig is wanneer hulle interaksie met die staat of staatsamptenarye het.

Teen hierdie algemene agtergrond is dit belangrik om kennis te dra van die volgende staatsdepartmente , wat normaalweg binne hulle Grondwetlike en wetlike mandaat met grondeinaars sal skakel:

Grondeise in terme van die Wet op Hestel van Grondregte, Wet 22 van 1994: Die Kommissie vir Herstel van Grondregte, wat ‘n onderafdeling van die Department van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming is, is verantwoordelik vir uitvoer en adminsitrasie van hierdie wet. Hierdie gefokusde afdeling van die departement sal normaalweg besoeke aan plase bring om eise fisies te ondersoek deur oorblyfsels van wonings en familiegrafte te soek of grond te waardeer. Die kommissie het streekskantore in elke provinsie.

Grondeise ingevolge die Wet op Grondhervorming (Huurarbeiders), Wet 3 van 1996 en dispute rondom verblyf op plase: Hierdie aangeleenthede word uitlsduitlik deur die Nasionale Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming hanteer. Die department lewer diens by provinsiale en streekskantore regoor oor Suid-Afrika.

Die Wet op Basiese Dienvoorwaardes, Wet 75 van 1997 en die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 66 van 1995 en die Wet op Billike Indiensneming, Wet 55 van 1998: Ingevolge hierdie wetgewing sal die Nasionale Department van Arbeid besoeke aan plase bring om inspeksies te doen rondom voldoening aan hierdie wetgewing.

Die Wet op Dieresiektes, Wet 35 van 1984, Die Wet op Bewaring van Lanbouhulpbronne, Wet 43 van 1983: Hierdie wetgewing word bestuur deur die Nasionale Departement van Lanbou en spesifieke onderafdelings van gemelde department. Roetine besoeke van gemelde deapertment is minder waarskynlik as indie geval van die wetgewing hierbo.

Die Nasionale Waterwet, Wet 36 van 1998: Hierdie wetgewing word geadministreer deur die Nasionale Department van Water en Sanitasie. Die department sal hoofsaaklik gemoeid met waterlisensies en waterverbruik op plase.

Ten opsigte van alle amptenare, wat betrokke is om hulle mandaat, kragtens wetgewing, uit te voer is dit wenslik om eerstens hulle werk en die uitvoer van hulle vepligtinge binne die raamwerk van die tersaaklike wetgewing te respekteer. Die wetgewing verleen aan die amptenary ook uitdruklike bevoegdhede om spesifieke take, soos uitdruklik omskryf in die wetgewing ongehinderd uit te voer.

Aan die ander kant behoort grondeienaars ten minste redelikerwys daarop geregtig wees om:

  1. Indentifikasie van enige persoon, wat die plaas besoe te vereis
  2. ‘n Besoek te ontvang met redelike vooraf kennis en op ‘n ooreengekome tyd
  3. Besonderhede te kan vra en ontvang ingevolge watter wetgewing die amptenaar sy/haar mandaat uitvoer
  4. Persone wat buite die raamwerk van ‘n amptelike besoek of sou weier om besonderhede soos in 1-3 hierbo te verskaf toegang tot die plaas te weier
  5. Behandeling of optrede van ‘n amptenaar te wagte te wees, wat strook met die Grondwet


RETURN