EDITORIALS
Moontlike nuwe rigting vir regskoste by gronddispute
Gelykheid voor die reg en toegang tot die howe is deel van Handves van Fundamentele regte soos vervat in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996. Dit is ‘n saak wat sedert die demokratiese veranderinge in Suid-Afrika in omstredenheid gehul is omdat ‘n aanspraak of uiteoefenung van hierdie regte, vir baie burgers van Suid-Afrika ontoeganklik is.
In hofgedinge, wat handel oor Grondhervorming is die bogemelde omstredenheid nie vreemd nie. Dit kan eerstens toe te skryf word aan die feit dat die wetgewing ter sprake oor die algemeen ingewikkeld is en bitter min ruimte laat om geskille buite die raamwerk van litigasie op te los. Tweedens kan dit took toe te skryf word aan die historiese ontwikkeling van ‘n beleid rondom regskostes die Grondeisehof sedert die wetgewing in werking getree het.
Die howe het nog altyd ‘n diskresie gehad om ‘n bevel vir regskostes teen ‘n party te maak, maar die normale praktyk in die howe is dat ‘n kostebevel die uitslag van die saak volg. Dit beteken dat die verloorder party, in die meeste gevalle, volgens tariewe soos deur die hofreëls voorgeskryf, aanspreeklik sal wees vir die regskostes van die wenner party.
By die aanvang van die werksaamhede van die Grondeisehof van Suid-Afrika, wat hoofsaaklik in plek gestel is om as ‘n spesialishof gronhervormingsdispute te besleg het die hof ‘n beeid aanvaar om nie volgense die bogemelde gebruik kostebevele toe te staan nie. Die Grondeisehof hof sou alleenlik kostebevele toestaan waar ‘n party se optrede of gedrag voor en tydens deur die hofgeding deur die hof as onaanvaarbaar bestraf sou word.
Die Grondeisehof se beleid was geskoei op die feit dat die hof die gedinge voor die hof as sosiale belang litigasie beskou het. Die Grondeisehof wou hiermee en in lyn met die oogmerke van die Grondwet die howe en meer toeganklik wou maak vir persone, wat in sulke gedinge betrokke geraak het, wat uit ‘n vorige bedeling histories benadeel is. Vir hierdie persone was die koste van regsverteenwoordiging en regsverteenwoordiging in ‘n spesialis gebied heeltemal toeganklik.
Ongelukkig het die beleid ook berus op ‘n aanname, wat oor ‘n lang ruk tot nadeel van Grondeienaars gestrek het en steeds strek. Dit is ‘n aanname dat grondeienaars se besit/of eienaarskap van grond, as enigste maatstaf, genoegsame rede was om te aanvaar dat grondeienaars finansieël daartoe in staat is om die duur en ingewikkelde litigasie rondom grondhervormingsdispute te finansier.
Op die keersy is die omgekeerde aanname gemaak rondom die finansiële vermoë van plaasbewoners of esiers wat by dieselfde dispuut betrokke was. Baie grondeienaars het hierdie toedrag van sake as uiters onbillik beskou en is daar gevalle waar grondeienaars op die oue einde hul grond van die hand moes sit as gevolg van die koste van gedinge waarby hulle betrokke geraak het.
Ten spyte van die Grondeisehof se bogemelde beleid, wat steeds geld, het sake rondom toegang tot die howe en regskoste in praktyk verander oor die afgelope aantal jare. Die posisie van eisers en plaasbewoners het drasties verbeter in die opsig dat die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming ‘n spesiale projek van stapel gestuur het om ‘n paneel van privaat regsfirmas saam te stel, wat op staatsonkoste namens plaasbewoners en eisers op te tree. Die projek is uniek omdat enige ander landsburger, onderhewig aan ‘n middele toets, slegs toegang tot regshulp op staatsonkoste sou kon kry deur die Regshulpraad van Suid-Afrika. Die uitsondering by grondispute kan in alle waarskynlik geregverdig word aan die hand van die gespesialiseerde aard van die regwerk wat by grondhervormingslitigasie ter sprake is.
Die onbillikheid wat die gemelde department se spesiale beleid te weeg gebring het, is ‘n persepsie wat bestaan dat eisers en plaasbewoners onbeperkte toegang tot privaatregshulp het, terwyl die Grondeisehof steeds die eerstydse beleid rondom regskoste toepas. In effek het die staat, met staatsfondse, by litigasie teen grondeienaars betrokke geraak, terwyl die staat op grond van die status van die persoon namens wie die litigasie gevoer word, ooreenkosmtig die Grondiesehof se bogemelde beleid, nie aanspreeklik gehou kan word vir ‘n suksesvolle eienaar se regskoste nie.
In onlangse regspraak het beide die Grondwetlike hof en die Hoogste hof van Appèl belangrike nuwe beginsels uitgeklaar oor die staat (Plaaslike regerings, Provinsiale regerings en die Departement van Landelike Ontwikkeling) se rol by grondispute en selfs kostebevele toegstaan waar die hof van mening was dat die staat nie sy Grondwetlike en wetlike verpligtinge nagekom het nie.
Die hofuitsprake het die posisie rondom regskostes by gronddispute verander in die opsig dat die staat voortaan, uit hoofde van die verpligtinge van die staat, in die bogemelde onderskeie hoedanighede as afsonderlike partye tot hofgedinge as partye gevoeg sal kan word. Vir grondeienaars kan dit die weg baan om hierdie gedinge, waar ‘n uitslag in hul guns beslis word, ‘n kostebevel teen die staat aan te vra. Hopelik sal hierdie uitsprake ook tot gevolg hê dat die meriete van grondispute strenger oorweeg word deur die staat en dat vinnger en vreedsame oplossings eerder as duur uitgerekte hofsake as uitweg gekies word.
RETURN